Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Knie keer vir eers Clijsters se terugkeer

Kim Clijsters, voormalige voorste vrouetennisspeler ter wêreld, se terugkeer tot die tennisbaan is weens ’n kniebesering vir nog ’n ruk op ys geplaas.

Kim Clijsters / Foto: Getty Images

Die 36-jarige Clijsters van België het aangekondig haar terugkeer is vir eers uitgestel en dat sy nie in die Australiese Ope in Januarie te siene gaan wees nie.

“Sy het met ’n verkeerde beweging met ’n oefening pyn ervaar,” het haar bestuurder, Bob Laes, aan Het Nieuwsblad gesê.

Clijsters het ’n klein skeurtjie aan ’n ligament in haar regterknie opgedoen. Dit sal ses tot agt weke neem voordat sy weer intensief kan begin oefen.

Clijsters, wat 41 titels in haar loopbaan gewen het, skryf op Twitter dit is slegs ’n tydelike terugslag en dat sy steeds oorgehaal is om weer te begin speel.

Sy spog met vier Grand Slam-titels en het in September aangekondig dat sy weer beroepstennis gaan speel.

Clijsters, nou ’n ma van drie kinders, het in 2007 die eerste keer uitgetree om met ’n gesin te begin.

Sy het in 2009 teruggekeer en die Amerikaanse Ope (twee keer), asook die Australiese Ope, gewen voordat sy in 2012 ’n tweede keer uitgetree het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Kim Clijsters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.