Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kniebesering pootjie Kevin in VSA

Suid-Afrika se Kevin Anderson se voorbereiding vir die komende Amerikaanse Ope is ’n knou toegedien met sy onttrekking aan die Citi Ope in Washington DC.

Die vierde gekeurde Anderson, wat eersdaags pa gaan word, sukkel met sy regterknie.

Kevin Anderson. Foto: Getty Images

Anderson, 11de op die wêreldranglys, het ’n loslootjie gehad in die eerste ronde en moes Woensdag teen die Fransman Adrian Mannarino in die tweede ronde gespeel het.

Hy was by die toernooi in Washington waar hy hom toe op die nippertjie weens pyn in sy knie onttrek het. Die 33-jarige Anderson was twee jaar gelede ’n finalis in dié toernooi.

Anderson se onttrekking het volgens atptour.com aan Norbert Gombos die geleentheid gegee om te speel. Gombos van Slowakye, 137ste op die wêreldranglys, het as gelukkige verloorder gekwalifiseer en die kans goed benut deur Mannarino met 6-4, 7-6(9) te verras.

Dis is die tweede agtereenvolgende jaar wat Anderson hom aan die Washingtonse toernooi onttrek.

Hy het in 2017 se eindstryd daar teen Duitsland se Alexander Zverev gespeel.

Anderson het volgens tennisworldusa.org verlede jaar onttrek om bykomende ruskans te kry ná ’n uitputtende Wimbledon, waar hy vir die eerste keer tot die eindstryd gevorder het.

’n Elmboogbesering het Anderson vroeër vanjaar lank uit aksie gehou.

Die Suid-Afrikaner het die Franse Ope misgeloop en nog net 15 wedstryde vanjaar gespeel.

Hy was laas op Wimbledon in aksie, waar hy in die derde ronde deur die Argentyn Guido Pella uitgeskakel is.

Die Amerikaanse Ope, die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar, begin op 26 Augustus. Anderson het in 2017 in die eindstryd op Flushing Meadows teen Rafael Nadal gespeel.

Anderson het hom ingeskryf vir volgende week se Rogersbeker-toernooi in Toronto, maar dis onseker of hy sal kan speel.

* Anderson se vrou, Kelsey, het verlede week onthul hulle gaan binnekort ouers word.

Hul dogtertjie, wat Keira gaan heet, sal na verwagting in Oktober gebore word. Anderson is in 2011 met sy Amerikaanse vrou getroud.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.