
Venus Williams in aksie by die Australiese Ope.
Die Amerikaanse TV-sportkanaal ESPN het een van hul kommentators afgedank nadat hy Venus Williams by die Australiese Ope met ’n “gorilla” vergelyk het.
Die kommentator, Doug Adler, hou egter vol dat hy die woord “guerilla” gebruik het.
ESPN sê Adler moes meer versigtig gewees het in sy kommentaar oor Venus ná haar oorwinning in die wedstryd teen Stefanie Voegele.
“In ’n ESPN-uitsending moes Doug Adler versigtiger met sy woordkeuse gewees het,” sê die uitsaaier in ’n verklaring.
In Williams se tweederondewedstryd het Adler die volgende gesê: “Sy mis haar eerste dien en Venus is reg bo-oor haar. Mens kan sien hoe Venus inbeweeg en die gorilla-effek aanskakel. Sy storm.”
Volgens ’n verslag op die ESPN webtuiste is dit onmoontlik om vir seker te weet watter woord Adler gebruik het omdat “gorilla” en “guerilla” dieselfde uitgespreek word.
- Sport24