Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kommer oor Harris se rug voor Franse Ope
Lloyd Harris het hom as voorsorgmaatreël aan ’n ATP-toernooi in Lyon onttrek. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris het hom weens ’n knaende rugbesering aan die ATP250-toernooi Dinsdag in Lyon onttrek.

Sy afrigter, Anthony Harris, het laat weet hulle wou nie kanse waag aan die vooraand van die Franse Ope, wat op 30 Mei begin, nie.

“Sy rug is nog nie reg nie. Ons wou nie daarmee waag voor Roland Garros nie en het toe onttrek om dit reg te kry,” sê die afrigter.

Die jong Kaapse ster, Suid-Afrika se voorste speler op die wêreldranglys, het vroeër in die eerste ronde van die Madrid-Ope las van sy lae rug gehad. Hy het in sy tweederonde-wedstryd teen Alex de Minaur van Australië die handdoek ingegooi.

Hy was verlede week in die eerste ronde in die Italiaanse Ope terug op die baan, maar het toe ook las van sy rug gehad.

Harris sou Dinsdag in die eerste ronde teen Frankryk se Gaël Monfils gespeel het. Thiago Seyboth Wild van Brasilië het toe as “gelukkige verloorder” speelkans teen Monfils gekry.

Harris se afrigter sê hulle is ook nie seker of hy nou in Parma in aksie sal wees nie. Hulle sal eers kyk hoe dit die volgende paar dae met die besering gaan. – Johann de Jager

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.