Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kommer oor Lloyd voor Franse Ope
Lloyd Harris het sy heup beseer in ’n opwarmingstoernooi vir die Franse Ope. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris het die organiseerders van die Franse Ope gevra om sy eersteronde-wedstryd Sondag in Parys met ’n dag uit te stel.

Hy het dié versoek gerig nadat hy Vrydag ’n heupbesering in sy Challenger-halfeindstryd teen Italië se Lorenzo Musetti in Forli, Italië, opgedoen het.

Die Italiaanse tiener was goed op pad om te wen toe Harris die wedstryd weens sy besering prysgegee het.

Die 18-jarige Musetti was in daardie stadium met 4-6, 6-0, 4-1 voor.

Harris se afrigter, Anthony Harris, het ná die wedstryd bevestig hy is beseer.

“Ons is nie seker hoe ernstig dit is nie. Hy het iets in sy heup verrek en ons gaan nou daarna laat kyk,” het die breier kort ná die wedstryd gesê.

Harris, 95ste op die wêreldranglys, is veronderstel om Sondag in die eerste ronde van die Franse Ope by Roland Garros teen Alexei Popyrin (108ste) van Australië te speel.

Sy afrigter sê dié wedstryd gaan waarskynlik nou eers Maandag wees.

Harris het hul vorige wedstryd verlede jaar in Miami op ’n hardebaan gewen.

Die spelers verdien bykans R1,2 miljoen (€60 000) om in die eerste ronde van die Franse Ope te speel.

Musetti speel intussen nou in die eindstryd van die Challenger-toernooi in Forli teen Brasilië se Thiago Monteiro.

Musetti het verlede week in die Italiaanse Ope as promotorskeuse in die kwalifiseringstoernooi gespeel en toe later in die hooftrekking vir Stan Wawrinka en Kei Nishikori geskok. Hy het ná die toernooi van 249ste tot 180ste op die ranglys geklim.

Die tiener het vandeesweek in Forli ook met die eerste gekeurde Frances Tiafoe van Amerika en die ervare Andreas Seppi afgereken.

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.