Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Konta kry hartkloppings in nederlaag

Johanna Konta sê sy het Maandag gedurende haar nederlaag van 4-6, 4-6 teen die ongekeurde Tsjeg Marie Bouzková in die eerste ronde van die Top Seed Ope in Lexington, Kentucky hartkloppings gekry.

Johanna Konta verlede maand in ’n vertoontoernooi in Londen in aksie. Foto: Getty Images

Die derde gekeurde Brit het mediese behandeling ontvang slegs minute nadat dié tenniswedstryd begin het. Sy het egter daarna goed genoeg gevoel om verder te speel.

“My hartklop het om geen rede die hoogte ingeskiet. Ons het nie eens ’n lang punt gespeel nie en ek was nie kortasem nie,” het dié nommer 15 van die wêreld gesê.

“Dit gaan op en af, en maak my effens lighoofdig. ’n Dokter en die fisioterapeut moes kom.

“Ek was baie duiselig toe hulle gekom het. Ek het al die toetse ondergaan. Ek is baie fiks, maar dit kan gebeur. Dit het ’n ruk geneem om te herstel en daarna kon ek weer op die tennis konsentreer.”

Konta sê dit was nie die eerste keer dat sy die probleem gehad het nie.

“Ons weet nie hoekom dit gebeur nie. Dit het al gebeur wanneer ek in vermoeiende situasies was en dit het ook gebeur wanneer ek nie stres gehad het nie. Dit is baie sporadies,” sê sy.

“Dit is nie ideaal nie. Ek gaan nog ’n EKG laat doen en kyk watter protokol gevolg kan word. Ek is nie juis bekommerd daaroor nie.”

Die Top Seed-toernooi is die eerste WTA-toernooi in Amerika sedert die Covid-19 pandemie die spel tot stilstand geruk het in Maart. – Reuters

Meer oor:  Johanna Konta  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.