Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sebastian Korda aardjie na sy vaartjie

Die Amerikaanse tennisspeler Sebastian Korda, wat hoofopskrifte gehaal het toe hy in Oktober verlede jaar die vierde ronde in die Franse Ope in Parys gehaal het, het ’n plek in sy eerste ATP-eindstryd bespreek.

NEW YORK, NEW YORK - AUGUST 31: Sebastian Korda o
Sebastian Korda het die eerste ATP-eindstryd in sy jong loopbaan in die VSA behaal. Foto: Getty Images

Korda is die seun van Petr, wat op sy dag die wêreld se nommer-twee-speler was en in 1998 die Australiese Ope gewen het.

Korda het Dinsdagaand in die halfeindronde van die Delray-ope in Florida met die Brit Cameron Norrie afgereken.

Dié 20-jarige het sy Grand Slam-debuut in verlede jaar se Amerikaanse Ope gemaak en was 213de op die wêreldranglys voordat hy op Roland Garros die oë op hom gevestig het. Hy het ná daardie sukses bykans 100 plekke op die ranglys geklim.

Korda, wat Hubert Hurkacz in die eindstryd gaan pak, behoort hom ná dese in die top-100 op die ranglys te bevind.

NEW YORK, NEW YORK - AUGUST 31: Sebastian Korda o
Sebastian Korda se pa, Petr, in 1998 onderweg na sy titel in die Australiese Ope. Korda is ’n Tsjeg van geboorte. Foto: Getty Images
Korda, wie se susters, Nelly en Jessica, albei op elite-vlak gholf in die LPGA-reeks speel, sê die belangrikste vir hom is om meer bestendig as speler te raak.

Hy sê hy probeer ook nog in sy lyf groei en uitvind waartoe hy fisiek in staat is.

Korda se Franse Ope-veldtog is verlede jaar deur sy held, die Spaanse kleikoning Rafa Nadal beëindig. Hoewel hy met 6-1, 6-1, 6-2 van die baan gevee is, het hy gesê dat daardie ervaring ’n “groot stap in die regte rigting” vir sy loopbaan was.

Korda het sedertdien sy eerste titel op die vlak benede die ATP (die Uitdaagreeks) gewen en het ook vir twee weke afrigting by die voormalige tennisster Andre Agassi in Las Vegas gekry.
Sy ouers en susters is saam met hom by die toernooi in Delray en hy erken dis moeilik om die glimlag van sy gesig te vee. – Reuters
Meer oor:  Petr Korda  |  Tennis  |  Sebastian Korda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.