Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
C-19 boender Medvedev uit Monte Carlo

Die Russiese tennisspeler Daniil Medvedev is Maandag positief vir die koronavirus getoets en is aan die Monte Carlo-meesterstoernooi onttrek.

Daniil Medvedev is Maandag aan die Monte Carlo-meesterstoernooi onttrek. Foto: Getty Images

Hy was die tweede gekeurde ná Novak Djokovic vir dié kleibaantoernooi.

Die ATP, die beroepsreeks vir mans, het Dinsdag gesê Medvedev is in isolasie en sal deur die toernooi en die ATP se mediese personeel dopgehou word.

“Dit is ’n groot teleurstelling om nie in Monte Carlo te kan speel nie,” sê die 25-jarige, wat in dié stad woon.

“My fokus is nou op my herstel en ek sien uit daarna om so gou moontlik weer te kan deelneem.”

Medvedev het ’n loslootjie in die eerste ronde gehad en sou te staan gekom het teen die wenner van die wedstryd tussen die Serwiër Filip Krajinovic en Nikoloz Basilashvili van Georgië.

As ’n inwoner van Monaco is Medvedev voor die toernooi toegelaat om in sy huis te bly, terwyl die ander spelers in ’n streng bioborrel-omgewing moes deurbring.

Spelers wat tuis bly, moet hulle elke dag vir die virus laat toets, terwyl die ander elke vierde dag getoets word.

Juan Ignacio Londero van Argentinië het Medvedev se plek ingeneem. – Reuters

Meer oor:  Monte Carlo-Meesters  |  Tennis  |  Daniil Medvedev  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.