Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kruger-kleinsus skitter ook op tennisbaan

Hier kom die ander Kruger-sussie.

Die 13-jarige Isabella Kruger het Donderdag die Suid-Afrikaanse o.16-tenniskampioen, Megan Basson, met 6-3, 6-7(4), 6-2 geklop om haar plek in die halfeindstryd van die ITF Graad 4-toernooi in Stellenbosch te bespreek.

Bella Kruger saam met Rafael Nadal. Foto: Facebook

Basson was die tweede gekeurde in dié toernooi in Stellenbosch. Sy was vroeër vanjaar in die Suid-Afrikaanse o.18-span wat aan die Afrika-toernooi in Marrakesj, Marokko deelgeneem het.

Dis is die dieselfde toernooi waarin Kruger se ouer suster, Zoë, verlede as ’n 14-jarige met die Afrika-kroon weggestap het.

Bella, soos sy genoem word, speel Vrydag in die halfeindstryd teen Myah Petchey.

Die vierde gekeurde Petchey was vanjaar in die meisiesafdeling in die Australiese Ope in aksie.

Sy was ook in die nasionale o.18-span wat in Marokko was.

Petchey het die halfeindronde in Stellenbosch gehaal deur Lungile Ntuli ook in drie stelle met 6-3, 5-7, 6-2 te klop.

Die eerste gekeurde Brit Victoria Allen en Kroasië se vyfde gekeurde Noa Krznaric is in die ander halfeindstryd slaags.

Die Kruger-sussies se afrigter, Thomas Hogstedt, sal na verwagting Vrydag in Stellenbosch wees.

Hy sal Bella in volgende week se ITF Graad 3-toernooi daar bystaan.

Zoë Kruger. Foto: Getty Images

Zoë (16) is reeds laaste ses weke in Stellenbosch vir behandeling vir ’n gekraakte voet.

Sy het intussen van 698ste op die vroue se WTA-ranglys tot 710de teruggesak.

Dié susters is die dogters van die oorlede Springbok-flank Ruben Kruger.

Hulle woon saam met hul ma, Lize, in Florida, Amerika.

Meer oor:  Bella Kruger  |  Tennis  |  Megan Basson  |  Zoë Kruger  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.