Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kruger-sussies wys slag in WTA-toernooi

Die 14-jarige Isabella Kruger het gekwalifiseer vir ’n $25 000-toernooi in Lagos, Nigerië, om WTA-punte te verdien.

Isabella Kruger / Foto: Facebook

Sy speel in die eerste ronde van die hooftrekking teen Valeriya Strakhova, die eerste gekeurde van die Oekraïne.

Ousus Zoë (16) is ook vandeesweek daar in aksie.

Sy speel in die eerste ronde teen Tunisië se Chiraz Bechri.

Zoë het intussen, nadat sy verlede maand in die toernooi in Brno in die Tjeggiese Republiek gekwalifiseer het en haar eerste wedstryd teen die eerste gekeurde Maryna Chernyshova gewen het, met 41 plekke op die jongste wêreldranglys verbeter.

Sy is in die 670ste plek en steeds Suid-Afrika se naasbeste vrouespeler op die ranglys. Chanel Simmonds, in die 354ste plek, is Suid-Afrika se topvrou. Kruger het in April die 526ste plek beklee.

Meer oor:  Tennis  |  Isabella Kruger  |  Wta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.