Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kvitova bespreek haar plek in halfeind
Petra Kvitova Woensdag in aksie in haar kwarteindwedstryd teen Laura Siegemund in die Franse Ope. Foto: Reuters

Die Tsjeggiese tennisspeler Petra Kvitova het Woensdag net vir die tweede keer sedert 2012 die halfeindronde van die Franse Ope gehaal.

Die sewende gekeurde het te veel skietgoed gehad teen die ongekeurde Duitser Laura Siegemund.

Kvitova het hul kwarteindstryd in 1 uur 20 minute met 6-3, 6-3 beklink.

Die 30-jarige Tsjeg, ’n tweemalige Wimbledonse kampioen, het nog nie ’n stel afgestaan nie.

Die 30-jarige Tsjeg, ’n tweemalige Wimbledonse kampioen, het nog nie ’n stel afgestaan nie.

Siegemund, nr. 66 op die wêreldranglys, het in die eerste stel glad nie ’n uitdaging gebied nie, maar in die tweede stel beter rekenskap van haarself gegee. Sy het egter ietwat las gehad van ’n laerug-besering.

Kvitova het ses kishoue geslaan en 22 wenners beklink teenoor 12 van Siegemund.

Kvitova het haar tweede wedstrydpunt beklink toe haar 32-jarige teenstander ’n dubbelfout begaan het.

Iga Swiatek

Die Tsjeg sal Vrydag in die halfeindronde te staan kom teen die wenner van die wedstryd tussen twee Amerikaners, Danielle Collins en Sofia Kenin.

Nadia Podoroska en Iga Swiatek pak mekaar in die ander halfeindstryd.

Spel op die Philippe Chatrier-baan het Woensdag eers om 12:00 begin.

Twee mans-kwarteindwedstryde is later Woensdagmiddag op die program. Andrey Rublev en Stefanos Tsitsipas is eerste aan die beurt waarna Novak Djokovic teen Pablo Carreno Busta te staan kom. – Reuters

Meer oor:  Petra Kvitova  |  Nadia Podoroska  |  Iga Swiatek  |  Parys  |  Frankryk  |  Vroue-Enkelspel  |  Tennis  |  Halfeind  |  Roland Garros  |  Kleibaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.