Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kvitová gooi handdoek in voor eerste stryd

Petra Kvitová, die sesde gekeurde vrou in vanjaar se Franse Ope, het haar Maandag – enkele ure voor haar eersteronde-wedstryd teen Roemenië se Sorana Cîrstea – aan dié toernooi onttrek.

Petra Kvitová moes haar weens ’n regter-voorarmbesering onttrek aan die Franse Ope nog voor sy ’n enkele bal kon slaan.Foto: Getty Images

Dié Tsjeg het las van ’n voorarm-besering. Haar plek word nou geneem deur Kaja Juvan, ’n Sloweense speler, wat in die laaste kwalifiserende ronde verloor het.

“Ek is bitter teleurgesteld dat ek my aan die Franse Ope moet onttrek,” het Kvitová op Twitter gesê.

“Ek ervaar al ’n paar weke pyn in my linker-voorarm en ’n MRI-skandering gisteraand het bevestig dat ek ’n graadtwee-skeur in die spier opgedoen het. Ek sal dit baie vererger indien ek vandag speel,” het sy verduidelik.

Dié Tsjeg het al twee keer op Wimbledon gewen, maar kon nog nooit verder as die halfeindronde in Parys vorder nie. – Reuters

*Skakel  na Kvitova se sokker-vaardighede-video.

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Petra Kvitova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.