Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kvitova se aanvaller kry 8 jaar tronkstraf

Die aanvaller wat die tweemalige Wimbledon-kampioen Petra Kvitova in haar huis oorval en met ’n mes gesteek het, is Dinsdag in ’n Tsjeggiese streekhof tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.

Petra Kvitova op ’n mediakonferensie ná die aanval in Desember 2016. Foto: Reuters

Kvitova het ernstige beserings aan haar linkerhand (die een waarmee sy ’n raket vashou) opgedoen terwyl sy tydens die aanval in Desember 2016 met die indringer, Radim Zondra, in haar woonstel gestoei het.

Toe Kvitova in Februarie getuig het, het sy gesê daar was “bloed orals”. Sy het gesê sy het die aanvaller onmiddellik aan sy oë herken in foto’s wat die polisie aan haar gewys het.

Nog nie een van die partye het teen die vonnis geappelleer nie, maar hulle mag dit later doen, sê Eva Angyalossy, ’n woordvoerder van die Brno-streekhof.

Die Tsjeg, wat weens die aanval ’n operasie van vier uur ondergaan het, het in Mei 2017 in die Franse Ope na beroepstennis teruggekeer. Sy het in Junie daardie jaar die Aegon Classic gewen.

Kvitova, nr. 2 op die wêreldranglys, het in Januarie 2019 die eindstryd van die Australiese Ope gehaal.

Sy kan moontlik ná afloop van die Miami-toernooi die naweek vir die eerste keer in haar loopbaan die nr. 1-plek op die ranglys inneem. – Reuters

Meer oor:  Mesaanval  |  Petra Kvitova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.