Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kwalifiseerder sorg vir opskudding
Nadia Podoroska van Argentinië gooi Dinsdag haar hande triomfantelik in die lug nadat sy Elina Svitolina van Oekraïne in die vierde ronde geklop het. Foto: Reuters

Daar is nou net twee gekeurde vroue in die toptien nog staande in die Franse Ope-tennistoernooi.

Die 23-jarige Argentyn Nadia Podoroska het Dinsdag vir die jongste opskudding gesorg toe sy met 6-2, 6-4 met Elina Svitolina, die derde gekeurde, klaargespeel het.

Podoroska het die eerste kwalifiseerder geword om tot die halfeindronde van dié Grand Slam deur te dring.

Sy is 131ste op die wêreldranglys en is net vir die tweede keer in haar loopbaan in die hoofloting van ’n Grand Slam-toernooi.

Die vorige kwalifiseerder in die mans- óf vroue-enkelspel wat die halfeindronde van Roland Garros kon haal, was die Belg Filip Dewulf in 1997.

Sofia Kenin

Svitolina, van Oekraïne, was voor die toernooi een van die gunstelinge nadat sy in September die Strasburg-titel gewen het. Sy het egter nou vir die derde opeenvolgende keer in dié ronde van die kleibaan-Slam vasgeval.

Podoroska se volgende teenstander is of die jong Pool Iga Swiatek of nog ’n kwalifiseerder, Martina Trevisan van Italië.

Sofia Kenin, die vierde gekeurde, en Petra Kvitova, die sewende gekeurde, is nog staande.

Die vroue-eindstryd word Saterdag beslis. – Sportredaksie

Meer oor:  Elina Svitolina  |  Nadia Podoroska  |  Frankryk  |  Parys  |  Ope  |  Tennis  |  Vroue  |  Kleibaan  |  Grand Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.