Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Aussie gekap vir sy Serena-spotprent

’n Australiese spotprentkunstenaar het hewige kritiek ontlok ná sy uitbeelding van die tennisster Serena Williams.

Stuff berig JK Rowling, die skrywer van die Harry Potter-reeks, het so ver gegaan om dit as “rassistiese en seksistiese snert” te beskryf.

Mark Knight se spotprent, wat Maandag in Melbourne se Herald Sun gepubliseer is, skets ’n mannetjiesagtige Williams met dik lippe wat by die Amerikaanse Ope op en af op ’n gebreekte raket spring.

Die chaotiese einde van die eindstryd vir vroue in vanjaar se toernooi het oor die wêreld heen ’n vurige debat ontketen.

Williams is met $17 000 (sowat R259 000) beboet weens die gedragskode-oortredings waaroor sy in die eindstryd gewaarsku is. Dit het gelei tot aantygings dat dubbele standaarde vir mans- en vrouespelers in die sportsoort geld.

Die Amerikaner se veldtog om haar 24ste Grand Slam-titel te verower is deur die Japanner Naomi Osaka in die wiele gery.

In die spotprent vra die skeidsregter Osaka: “Kan jy haar nie net laat wen nie?”

Knight, wat berug is weens sy omstrede spotprente, is uit alle oorde gekap, selfs deur ’n lid van die Amerikaanse kongres, en deur die meerderheid van die 22 000 mense wat op Twitter, waar hy die spotprent geplaas het, daarop gereageer het.

Rowling tel ook onder sy kritici. “Welgedaan. Jy het een van die beste sportvroue in die wêreld deur rassistiese en seksistiese snert afgekraak en ’n tweede uitstekende sportvrou in ’n gesiglose dekorstuk verander,” sê Rowling.

Knight het op die kritiek gereageer deur daarop te wys dat hy ’n onvleiende spotprent van die Aussie-tennisspeler Nick Kyrgios geteken het waar hy hom “sleg gedra”.

“Moenie geslag hierby betrek wanneer dit alles oor gedrag gaan nie,” sê hy.

– Sportredaksie

Meer oor:  Spotprent  |  Tennis  |  Mark Knight  |  Naomi Osaka  |  Amerikaanse Ope  |  Serena Willams  |  Jk Rowling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.