Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Bouchard betreur reaksie op bikini-foto’s
Eugenie Bouchard is ewe tuis voor ’n kameralens as op die tennisbaan. Foto: Getty Images

Die tennisster Eugenie Bouchard sê sy poog om minder foto’s van haarself in ’n bikini in sosiale media te deel weens die venynige reaksie wat dit by aanhangers uitlok.

Die 26-jarige Kanadees se sosialemediablaaie is uiters gewild. Bouchard het 2,1 miljoen volgelinge op Instagram en 1,6 miljoen op Twitter.

View this post on Instagram

2 4 ??

A post shared by Genie Bouchard (@geniebouchard) on

Sy het die tenniswêreld in 2014 soos ’n bom getref en daardie jaar die eindstryd van Wimbledon en die halfeindstryde van die Franse en Australiese Ope gehaal. Bouchard was al so hoog as vyfde op die wêreldranglys, maar haar goeie vertonings by Grand Slam-toernooie blyk iets van die verlede te wees.

Sy het die afgelope jare meer aandag getrek met haar modelwerk as haar prestasies op die tennisbaan, veral met haar verskyning in Sports Illustrated se gewilde swemklere-uitgawe.

Haar kritici voer aan sy werk harder daaraan om ’n groter gevolg in sosiale media te bekom as haar spel. Maar Bouchard voer aan dit is nonsens.

“Ek heg eenvoudig nie waarde aan die menings van mense daarbuite wat my oordeel oor wat ek in die openbaar deel nie,” sê sy in ’n onderhoud met Tennis.com.

“Boonop probeer ek eerlikwaar vermy om bikini-foto’s te deel, want blykbaar beteken dit jy speel nie meer tennis nie, of so iets.

“Dit het nogal ’n invloed op my gedrag gehad. Miskien raak ek net meer volwasse en ek sê vir myself, ‘Kyk, ek gaan nie daagliks boud-foto’s deel nie’.

View this post on Instagram

?? A L O H A ??

A post shared by Genie Bouchard (@geniebouchard) on

“Ek probeer die kritiek as omgekeerde komplimente beskou en besef dis iemand wat miskien met hul eie kwessies worstel, of eenvoudig gemeen of negatief is en ’n mens moet jou nie daaraan steur nie,” sê sy van internet-trolle.

“Jy moet jou nie aan hulle menings steur nie, so ek probeer regtig ’n tree agteruit vat en myself daarvan afsonder en dit nie persoonlik opneem nie.

“Aan die einde van die dag is dit tennis wat my na al hierdie cool geleenthede gelei het en dit is wat mense in gedagte moet hou. Ek het in Vogue verskyn, ek het in hierdie en daardie verskyn.

“As iemand jou bel en vra: ‘Haai, wil jy in Vogue verskyn, ja of nee?’ Wat gaan jy doen, nee sê?

“Tennis het geleenthede soos daardie vir my geskep, so uiteraard, ek is eerste en belangrikste ’n tennisspeler, maar die sport het deure vir my oopgemaak.”

Bouchard neem tans aan die WTA-reeks se Praag Ope in die Tsjeggiese Republiek deel waar sy in die ronde van 16 met 7-6(7-2), 6-7(2-7), 6-2 met die Sloween Tamara Zidanšek afgereken het en Vrydag teen die Belgiese derde gekeurde Elise Mertens te staan kom.

View this post on Instagram

prague

A post shared by Genie Bouchard (@geniebouchard) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Eugenie Bouchard  |  Sports Illustrated
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.