Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Coco klop wéér vir held Venus

Verlede jaar se skok-oorwinning oor Venus Williams, ’n ervare tennisspeler oud genoeg om haar ma te wees, was toe nie ’n vloekskoot nie.

Die jong Coco Gauff vier haar oorwinning oor Venus Williams in die eerste ronde van die Australiese Ope in Melbourne. Foto: AP

Die 15-jarige Amerikaner Coco Gauff het Maandag in Melbourne wéér haar veelgeroemde landgenoot in die eerste ronde van ’n Grand Slam-toernooi uitgeskakel.

Nadat sy dié prestasie verlede jaar as 14-jarige by Wimbledon behaal het, het sy Maandag by die Australiese Ope haar 39-jarige heldin nogmaals in skoon stelle (7-6, 6-3) getroef.

“Dit was rêrig moeilik. Sy het goed gespeel en ek was op my senuwees voor vandag se wedstryd – ek was ’n bietjie geskok toe ek die loting gesien het. Maar ek’s bly dat ek tot die volgende ronde kon deurdring,” het Gauff luidens ’n berig op bbc.co.uk gesê.

Gauff se volgende wedstryd is teen Sorana Cirstea van Roemenië.

Vir die Australiese tuisskare was daar Maandag ’n paar benoude oomblikke toe hul groot hoop in die vroue-afdeling en topgekeurde, Ashleigh Barty, die eerste stel van haar eersteronde-wedstryd teen Lesia Tsurenko, ’n speler van die Oekraïne wat maar 120ste op die wêreldranglys is, met 5-7 verloor het.

Sy het daarna egter haar voete gevind en die volgende twee stelle met 6-1, 6-1 gewen om die oorwinning te beklink. – Sportredaksie


Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Coco Gauff  |  Venus Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.