Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Court sê LGBT-regte 'van die duiwel af'

Die Aussie tennislegende Margaret Court is weer in omstredenheid gedompel ná ’n tirade teenoor transgender-atlete en haar beskrywing van die onderrig van LGBT-regte as “van die duiwel af”.

Margaret Court is weens haar omstrede uitlatings weer in die nuus. Foto: Getty Images

Stuff berig Court (77), wenner van 24 Grand Slam-enkelspeltitels, het die uitlatings Sondag gemaak in ’n preek by haar Victory Life-kerk in Perth.

Court het die volgende te sê gehad oor die kwessie van transgender-atlete: “Jy weet, met LGBT (lesbiese, gay, biseksuele en transgender) gaan hulle wens hulle het nooit die T bygevoeg nie, want in veral vrouesport gaan hulle baie probleme ervaar.”

Sy beweer ook kinders so jonk soos sewe begin hul geslag verander.

“Dit is so verkeerd op daardie ouderdom, want baie dinge word in hul gedagtes geplant en hulle begin vra: ‘Wat is ek?’

“Selfs LGBT in skole is van die duiwel af, dit is nie van God af nie.”

Court het voorheen haar teenkanting teen selfdegeslaghuwelike uitgespreek, ’n praktyk wat Australië in 2017 gewettig het.

Sy het in haar preek Sondag gesê “dit is ’n keuse” om gay te wees, maar sê sy haat nie gay mense nie.

“Ek haat niemand nie.”

Daar is diegene wat ’n beroep doen op Tennis Australië (TA) om planne te laat vaar om Court te vereer op die 50ste herdenking van haar kalender-Grand Slam tydens vandeesmaand se Australiese Ope.

Die tennisbeheerliggaam gee nie aan die versoeke gehoor nie, maar het in November in ’n ope brief gesê dit is “belangrik om onderskeid te tref” tussen die erkenning van Court se prestasies en om haar as individu te vier.

Court se groot teenstander, Billie Jean King, het verlede jaar gesê die Margaret Court-arena in Melbourne moet weens haar sienings hernoem word en sy sou die toernooi boikot as sy nog ’n speler was.

Maar Jayne Hrdlicka, president van TA, het gesê die hernoeming van die stadion is nie op die beheerliggaam se agenda nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Lgbt  |  Transgender  |  Margaret Court
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.