Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Déjà vu vir Novak toe bal beampte tref
Novak Djokovic strek om die bal terug te slaan in sy wedstryd Maandag teen Karen Khachanov in die vierde ronde van die Franse Ope. Foto: Reuters

Ag nee, nie al weer nie!

Dit was Maandagaand Novak Djokovic se versugting toe ’n lynregter vir die tweede agtereenvolgende Grand Slam-tennistoernooi in sy raket se spervuur beland het.

Maandag in die Franse Ope in Parys het dit die Serwiër net ’n benoude oomblik besorg en nie ’n skorsing soos ’n paar weke gelede in die Amerikaanse Ope nie.

Djokovic, die eerste gekeurde, het in die agtste pot gestrek om ’n afslaan van Karen Khachanov terug te speel, toe die bal van sy raketraam weggeskiet en ’n manlike lynregter teen die kop getref het.

Die Serwiër het onmiddellik ’n gevoel van déjà vu beleef oor die voorval in die Amerikaanse Ope toe ’n bal wat hy uit frustrasie na agter geslaan het, ’n vroue-lynregter teen die keel getref het. Dit was ook in die vierde ronde – teen Pablo Carreno Busta van Spanje.

Djokovic is toe gediskwalifiseer.

Dié keer was hy nie skuldig nie, want die bal was in spel. Dit was egter steeds ’n benoude oomblik vir Djokovic.

“Goeiste, dit was ’n vreemde gevoel van déjà vu,” het Djokovic ná sy oorwinning van 6-4, 6-3, 6-3 oor Khachanov gesê.

“Ek het die lynregter gesoek om te hoor of hy orraait is. Ek het gesien hy het ’n rooi swelling gehad waar die bal hom getref het.

“Hy het dit goed hanteer, hy was sterk en dapper. Maar dit was steeds ’n trefslag, want ek was naby aan hom.

“Natuurlik gaan mense nou weer ’n storie hiervan maak . . . oor wat in New York gebeur het.

“In die laaste 15 jaar wat ek aan die beroepsreeks deelneem, het dit al baie met my en baie met ander spelers gebeur,” het Djokovic gesê.

“Dit gebeur dikwels dat die bal wegskiet van die raketraam en ’n lynregter of ’n toeskouer tref.

“Natuurlik was dit ’n ongemaklike situasie.”

• Djokovic se teenstander in die kwarteindronde is die einste speler wat gedurende die New York-voorval sy teenstander was – Carreno Busta. Dié Spanjaard is die 17de gekeurde in Parys. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.