Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Dis Novak teen Rafa vir die 58ste keer

Novak Djokovic het Woensdagaand ’n 58ste ontmoeting met Rafael Nadal verseker toe hy by die Franse Ope sy 40ste Grand Slam-halfeindronde gehaal het.

Novak Djokovic het Woensdagaand sy 11de Frans Ope-halfeindstryd gehaal. Foto: Getty Images

Die Serwiese wêreldnommereen het Italië se Matteo Berrettini met 6-3, 6-2, 6-7 (5/7), 7-5 geklop vir ’n plek in sy 11de halfeindstryd in Parys.

Nadal, wenner van 13 titels by Roland Garros, het die Argentyn Diego Schwartzman met 6-3, 4-6, 6-4, 6-0 getroef om die halfeindronde vir die 14de keer te haal.

“Dit was ’n vrylating van al die emosies wat binne-in my opgekrop was,” sê Djokovic, wat 44 wenhoue gemoker het en al drie breekpunte teen hom afgeweer het.

Vrydag se kragmeting sal die agtste wees tussen Djokovic en Nadal by Roland Garros, waar die Spanjaard ’n wenrekord van 7-1 geniet.

Dit sluit in verlede jaar se eindstryd, maar Djokovic tel steeds as een van slegs twee spelers wat Nadal by die toernooi geklop het.

Djokovic, ’n wenner van 18 major-titels en die Roland Garros-kampioen in 2016, kan die eerste man in meer as 50 jaar word wat al vier Grand Slams op twee verskillende geleenthede wen.

Nadal kan op sy beurt sy 21ste major-titel beklink met ’n oorwinning in Sondag se eindstryd.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.