Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Dit is wat Serena vir Osaka fluister

Naomi Osaka het vir die eerste keer onthul wat Serena Williams vir haar gesê het ná haar verrassende sege in die Amerikaanse Ope-eindstryd.

Naomi Osaka spog met haar trofee wat sy as die nuwe Amerikaanse Ope-kampioen verower het. Foto: Getty Images

Die 20-jarige Japannees het haar heldin in ’n omstrede wedstryd in New York met 6 – 2, 6 – 4 geklop.

Williams het in die tweede stel in ’n hewige rusie met die skeidsregter, Carlos Ramos, betrokke geraak.

Die Amerikaner is gewaarsku vir ’n afrigtingsoortreding en met ’n punt gestraf nadat sy haar raket stukkend geslaan het.

Die wenner van 23 Grand Slam-titels het daarna heftig teenoor Ramos uitgevaar en hom onder meer as ’n “leuenaar” en ’n “dief” uitgekryt. Sy is uiteindelik met ’n pot gestraf vir haar uitbarsting.

Die petalje was ’n skok vir Osaka, wat in haar eerste major-eindstryd verskyn het teen ’n legende van die sport.

Aanhangers van Williams tussen die toeskouers, kwaad oor haar onderonsie met Ramos, het deurlopend geboe.

Osaka het in die wedstryd self kalm gebly, maar die emosie het haar oorkom nadat sy geseëvier het. Sy het haar hoed oor haar gesig getrek terwyl Williams ’n arm om Osaka se lyf geplaas het en haar getroos het.

Osaka sê Serena Williams het haar in hierdie oomblik getroos. Foto: Getty Images

Stuff berig Ellen DeGeneres, aanbieder van The Ellen Show, het Osaka Woensdag na haar program uitgenooi. Die komediant wou by Osaka weet wat Williams op daardie oomblik vir haar gesê het.

“Sy het gesê sy is trots op my en dat ek moet weet die toeskouers is nie besig om my uit te jou nie, so ek was baie bly dat sy dit gesê het,” sê die tennisspeler.

“Op daardie oomblik het ek soort van gedink hulle boe my, want ek kon nie regtig agterkom wat aangaan nie omdat dit so baie geraas het. Dit was maar net ’n bietjie stresvol.”

Terwyl die kragmeting hope drama opgelewer het, sê Osaka aan DeGeneres sy het nie eens geweet presies wat gebeur het nie omdat sy as kind geleer is om weg te kyk wanneer ’n teenstander kwaad word.

“Jy word geleer om net om te draai en jou fokus te behou en ek het dit probeer doen,” sê Osaka.

“Maar ek wou eintlik baie graag weet presies wat aan die gang was.”

Osaka het saam met haar Grand Slam-titel boonop $3,8 miljoen (meer as R56 miljoen) se prysgeld in die sak gesteek, maar aan DeGeneres gesê al besit sy nie haar eie motor nie, wil sy nie al die geld op haarself spandeer nie.

“Ek sal eerder vir my ouers iets koop,” sê sy.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.