Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Djokovic hou sy lyf soemo-stoeier
Novak Djokovic saam met soemostoeiers in Tokio. Foto: Twitter | ATP

Dit was Maandag vir die tennisspeler Novak Djokovic indrukwekkend om te sien hoe soepel soemostoeiers is.

Hy het ook sommer gou besef dat hy te lig in die broek vir dié ou grotes is.

Die wêreld se nommer 1-tennisspeler is in Japan vir die Japanse Ope, waar hy vir die eerste keer in aksie sal wees sedert hy in die Amerikaanse Ope ’n skouerbesering opgedoen het.

Dié 32-jarige Serwiër het Maandag in Tokio die Rioghokoe Edo-Noren besoek, waar daar ’n restaurant met ’n dohjo, ’n kryt vir soemostoeiers, is.

Djokovic het daar kans gekry om te sien hoe van die uitgetrede beroepstoeiers hul ding doen. Hy het hul keiko – hul oggendoefening – meegemaak en toe self ’n paar passies in die dohjo saam met die stoeiers uitgevoer.

“Dis nogal indrukwekkend om te sien hoe soepel hulle is, ek het dit nie verwag nie siende dit ’n sport vir swaargewigte is,” sê Djokovic.

Hy sê hy sien die stoeiers gee baie aandag aan hul gewrigte wat hulle toelaat om so rats as moontlik te wees.

Djokovic, wat Dinsdag in die eerste ronde teen Australië se Alexei Popyrin speel, sê hy kan onthou hoe hy kleintyd na die stoeier Akebono gekyk het, wat in 1993 soemo se eerste kampioen was wat in die buiteland gebore is.

Djokovic skerts hy sal eers ’n paar kilo’s moet optel om met dié manne te kan saampraat.

“Ek sal dalk drie keer swaarder moet wees as nou om die regte gewig te hê om (met hulle) te kan meeding.” – Reuters, atptour.com

Meer oor:  Novak Djokovic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.