Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Federer bied gratis tennislesse aanlyn
Roger Federer in aksie by Wimbledon. Foto: Getty Images

Roger Federer bied amateurs wat weens die Covid-19-pandemie tot hul huise beperk is die ongelooflike geleentheid om persoonlike tennislesse by hom te ontvang.

Die Switser, deur baie beskou as die beste speler in die geskiedenis van die sport, het ’n sogenaamde “nuttige solo-dril” op sosiale media gedeel, maar sake ook ’n stappie verder geneem: Hy moedig mense aan om hom terug te twiet met hul eie video’s waar hulle ’n soortgelyke vlughou oefen.

Hy gee dan terugvoering op sommige van die twiets en deel selfs raad oor hoe om hul houe te verbeter.

Federer (38), wenner van 20 Grand Slam-titels, is ten volle in wit geklee en dra ’n panamahoed terwyl hy sy vlughoue teen ’n groen muur oefen.

Hy tref die bal meer as 200 keer in die video van 59 sekondes waar hy aan sy reflekse en vorm slyp.

Die video is binne 24 uur meer as 1,7 miljoen keer gekyk en meer as 2 000 mense het terug getwiet.

“Moenie teruglê nie, sterk in die gewrig. Goeie werk, doen so voort,” sê hy aan ’n man wat die bal teen ’n onvoltooide muur slaan.

Hy bied ook aanmoediging en wenke aan verskeie ander mense.

Federer het in Februarie ’n operasie op sy regterknie ondergaan en wag soos die res van die sportwêreld vir mededingende tennis om te hervat.

Die ATP- en WTA-reeks is tot minstens middel-Julie opgeskort, terwyl Federer se gunsteling Grand Slam-toernooi, Wimbledon, weens die Covid-19-pandemie afgelas is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.