Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Roger oor sy beste seisoen en Lego bou

Roger Federer het twee van sy beste seisoene met mekaar vergelyk en meen hy was ’n beter speler in 2006 as 2017.

Roger Federer vier in Augustus sy 40ste verjaarsdag. Foto: Getty Images

Die Switser het in 2006 ’n merkwaardige wenrekord van 92-5 (94.8%) behaal. Hy het daardie seisoen 12 titels verower wat drie Grand Slam-krone insluit.

Sy wenrekord in 2017 was 54-5 (91.5%) en hy het twee major-titels verower.

Die ATP-reeks het ’n video gedeel waar aanhangers die geleentheid kry om die 39-jarige tennisheld te pols oor sy lewe op en van die baan af. Die eerste vraag het gehandel oor sy veldtogte in 2006 en 2017 en watter een hy as sy beste beskou.

“Goeie vraag, ek sou waarskynlik dink 2006,” sê hy.

“2006 en 2017 was twee van my beste jare toe ek skaars ’n wedstryd verloor het. Goed, 2017 was ook ’n wonderlike jaar, maar ek sou 2006 bo 2017 kies al was ek meer ervare in ’17.

“Ek het waarskynlik toe ook oor bietjie meer krag beskik en my spel vollediger, maar ek het in 2006 beter beweeg.

“Maar ’n mens moet ook in gedagte hou die spel self was destyds bietjie anders. Miskien het ons in ’06 ’n bietjie meer tyd gehad, so sake was ’n klein bietjie anders.

“Teenstanders was ook anders, byna, behalwe vir ’n paar.

“Ek sal waarskynlik ’06 bo ’17 kies.”

Federer sê verder sy landgenoot Belinda Bencic is sy beste vriendin in die WTA-reeks en hy beskryf Naomi Osaka, Ash Barty en Serena Williams as “uitstaande spelers”.

Roger Federer saam met Belinda Bencic. Foto: Getty Images

Hy sê hy stel nie werklik daarin belang om iemand in die ATP-reeks af te rig nie en sal eerder sy aandag daarop fokus om jong spelers te help en mentor.

Federer erken dit is tans makliker om ’n ouer te wees vir sy twee dogtertjies as sy twee seuntjies. “Maar dit was nie altyd die geval nie,” lag hy.

“Daar is gedurig verskillende buie, dit is ’n stryd, maar ’n goeie stryd!”

Hy en sy vrou, Mirka, is ouers van twee stelle tweelinge, Myla Rose en Charlene (11) en Lenny en Leo (7).

Gunstelingaktiwiteite weg van die baan af? 

"Dit gaan maar alles oor my kinders. Om 'n pa te wees, om daar te wees vir hulle," sê Federer.

"Ek hou daarvan om Lego te bou. Dit het nogal 'n stokperdjie gedurende die inperking vir my geword, so dit was maklik om te sit en 'n Harry Potter-kasteel te bou. Dit was harde werk.

"En dan uiteraard die buitelug, om pret daar te hê."

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.