Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Grootste Grand Slam-skokke

Hoewel tennis se “Groot Drie” vir meer as ’n dekade lank Grand Slam-toernooie oorheers, het Novak Djokovic, Rafael Nadal en Roger Federer ook al lelik kleigetrap in die eerste paar rondes van majors.

Rafael Nadal is in 2012 en 2013 vroeg uit Wimbledon geboender. Foto: Getty Images

Ons kyk na die vier grootste skokke sedert 2010.

Weens Nadal se algehele oorheersing in Parys, waar hy 13 Franse Ope-titels verower het, was die skoknederlae geneig om op ander oppervlaktes te gebeur, hoofsaaklik op die gras by Wimbledon.

Lukas Rosol klop Nadal by Wimbledon in 2012 (tweede ronde) met 6-7(11), 6-4, 6-4, 2-6, 6-4

Rosol, destyds 100ste op die wêreldranglys, het munt geslaan uit ’n vertraging van 45 minute terwyl die dak op die hoofbaan toegemaak is.

Nadal se momentum was daarmee heen en die Tsjeggiese kwalifiseerder het dadelik sy afslaan gebreek voordat hy die laaste stel in slegs 24 minute beklink het.

Steve Darcis klop Nadal, by Wimbledon in 2013 (eerste ronde) met 7-6(4), 7-6(8), 6-4

Die Belg Darcis, wat in sy loopbaan nooit verder as die derde ronde in Grand Slams kon vorder nie, het die eerste speler geword om Nadal in die eerste ronde van ’n major-toernooi uit te boender.

Die Spanjaard, wat twee weke vantevore sy terugkeer van ’n kniebesering met sy agtste Roland Garros-kroon gevier het, is in skoonstelle geklop.

Die tekens van Nadal se knaende kniebesering het begin wys en die toeskouers het in ongeloof toegekyk hoe hy vir die tweede agtereenvolgende jaar teen ’n relatiewe onbekende speler verloor, dié keer ’n speler 135ste op die ranglys.

Sergiy Stakhovsky klop Federer by Wimbledon in 2013 (tweede ronde) met 6-7(5), 7-6(5), 7-5, 7-6(5)

Stakhovsky van Oekraïne, 116de op die ranglys, het die verdedigende kampioen se merkwaardige rekord van 36 agtereenvolgende major-kwarteindrondes sommer in die tweede ronde beëindig.

Dit was ook Federer se vroegste nederlaag in ’n Grand Slam sedert die Franse Ope in 2003.

Denis Istomin klop Djokovic in Australiese Ope in 2017 (tweede ronde) met 7–6(8), 5–7, 2–6, 7–6(5), 6–4

Istomin, 117de op die ranglys, was ’n promotorskeuse in die Australiese Ope in 2017 en het vroeg teen die verdedigende kampioen Djokovic te staan gekom, wenner van vyf van die vorige ses major-toernooie in Melbourne.

Istomin, van Oesbekistan, het in vier uur 48 minute geseëvier en die eerste speler buite die voorste 100 ter wêreld geword om die Serwiër in ’n Grand Slam te klop.

– Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.