Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Grotes se geite op die tennisbaan
Die bygelowige Rafael Nadal skuif sy bottels “reg” tydens ’n wedstryd. Foto: Getty Images

Sportlui is berug vir hul bygelowe en die tennissterre wat tans aan die Amerikaanse Ope deelneem, is geen uitsondering nie.

Rafael Nadal, die topgekeurde en wêreld se nr. 1-speler, hou daarvan om sy energiedrankie- en waterbottels in ’n spesifieke formasie langs die baan te pak – en die etikette moet almal na buite wys.

Die Japanse speler Naomi Osaka glo weer daarin om daagliks ’n New Yorkse bagel te eet.

Selfs die komkommerkoel Roger Federer erken hy’s altyd bang hy verpas die bus (wat die toernooi-organiseerders tot die beskikking van spelers stel om hulle na die tenniskompleks in Flushing Meadows te neem). Dís nou wanneer hy nie tob oor die syfer “agt” nie.

Maar wanneer dit by bygelowe kom, is Nadal sonder twyfel ook “nommer een”.

By die Amerikaanse Ope, soos by alle Grand Slam-toernooie, voer hy etlike van sy “eie roetines” uit.

Tussen potte, wanneer spelers ’n kort blaaskans kry, plaas Nadal sy bottels in ’n spesifieke volgorde voor hom op die baan. Links van hom pak hy die een met die energiedrankie en regs die watterbottel.

Die etikette wys altyd na die kameras toe en die vervaardigers kan beswaarlik vir beter bemarking as dít vra.

Dan is daar sy gewoonte om nooit oor die dubbellyne op die baan na sy stoel te loop nie. Boonop sal hy klokslag een handdoek by ’n baljoggie laat en daarna ’n tweede handdoek by ’n ander baljoggie.

Voordat Nadal afslaan, sal dié 32-jarige Spanjaard eers sy broek regtrek, sy wenkbroue skoonvryf en liggies aan sy neus raak.

Naomi Osaka eet slegs bagels met gerookte salm vir ontbyt. Foto: USA TODAY Sports

Osaka, wat die vierde ronde met ’n sege van 6-0, 6-0 oor Aliaksandra Sasnovich gehaal het, glo weer daarin om altyd dieselfde maaltyd voor ’n wedstryd te eet.

“Ek raak senuweeagtig, daarom kan ek nie te avontuurlustig raak met wat ek eet nie. Ek eet altyd dieselfde ontbyt. Ek moes seker al 500 bagels met gerookte salm geëet het,” erken sy.

Dominika Cibulkova ruik graag aan tennisballe tydens wedstryde. Foto: Getty Images

Dominika Cibulkova, wat die Wimbledon-kampioen, Angelique Kerber, verslaan het vir ’n plek in die vierde ronde, het die vreemde gewoonte om aan tennisballe op die baan te ruik.

“Wanneer ek met nuwe balle afslaan, hou ek daarvan om eers aan hulle te ruik. Dis iets wat ek al van kleintyd af doen,” sê die 29-jarige van Slowakye.

Federer sê hy dink dikwels na oor die belangrikheid van die syfer “agt”. “Ek is op die agtste dag van die agtste maand in ‘81 gebore. Ek hou van daardie syfer,” sê die 20-malige Grand Slam-kampioen, wat Wimbledon toevallig ook al agt keer gewen het.

Maar dié briljante speler ly ook aan ’n paar vrese, waaronder dat hy die bus stadion toe gaan verpas.

“Ek probeer maar net altyd betyds wees, want ek’s bang ek gaan ’n wedstryd misloop omdat ek in die verkeer vassit,” sê die 37-jarige Switser.

Roger Federer tydens die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images

Maar, voeg Federer by, hy het gewis nie soveel bygelowe soos sy grootste vyand op die baan, Nadal, nie.

Volgens Federer gee hy nie om om oor lyne te loop nie, gee hy nie om aan watter kant van die skeidsregter se stoel hy sit nie, watter raket hy mee begin speel nie of wie in sy ondersteunerslosie sit nie.

“Ek kan steeds tennis speel,” het hy geskerts. – SuperSport.com

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.