Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Kyrgios se kierangs kan braai

Die omstrede Nick Kyrgios van Australië is uit die Italiaanse Ope nadat hy geweier het om verder te speel in sy wedstryd in die tweede ronde teen Noorweë se Casper Ruud.

Nick Kyrgios in aksie teen Casper Ruud voor sy uitbarsting. Foto: Getty Images

Ruud het met 3-6, 7-6(7-5), 1-1 deurgedring na die derde ronde.

Kyrgios het ’n baanoortreding vir sy onsportiewe gedrag gekry nadat Ruud vroeg in die derde stel deurgebreek het op sy afslaan. Hy is toe met ’n pot gestraf omdat hy vroeër in die wedstryd ook ’n baanoortreding teen hom gehad het.

Dit het gelei tot ’n hengse verdere uitbarsting. Hy het sy raket neergesmyt, ’n waterbottel weggeskop en toe ’n stoel op die baan geslinger voordat hy sy sak opgetel het en van die baan af gestap het.

Kyrgios, 36ste op die wêreldranglys, het die wedstryd gevolglik prysgegee.

Ruud sal in die derde ronde teen Juan Martin del Potro van Argentinië te staan kom.

Die 24-jarige Kyrgios is in 2016 deur die ATP geskors na hy van die baan geloop het midde die wedstryd teen Mischa Zverev by die Sjanghai-meesters en hy word dalk weer deur ’n skorsing in die gesig gestaar. – Reuters

Meer oor:  Rome  |  Casper Ruud  |  Nick Kyrgios  |  Italiaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.