Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Kyrgios vol manewales teen Anderson
Nick Kyrgios was oudergewoonte vol streke op die baan toe hy Dinsdagaand in Atlanta teen Kevin Anderson gespeel het. Foto: Getty Images

Die omstrede Australiese tennisspeler Nick Kyrgios was weer vol truuks in die eerste ronde van die Atlanta-Ope, waar hy vir Kevin Anderson van Suid-Afrika uitgeskakel het.

Die Aussie het die kishou-stryd tussen die twee spelers, wat albei oor kragtige afslane beskik, met 15-10 gewen en eindelik die wedstryd met 7-6(4), 6-3 beklink.

Kyrgios, die wenner van die toernooi in 2016, het met ’n astrante afslaan tussen sy bene deur vorendag gekom en ook ’n keer ’n terughou tussen sy bene deur teruggeslaan. Hy het, toe dit wedstrydpunt was vir hom, oorgestap na ’n toeskouer en hom om raad gevra – iets wat hy al hoe meer in wedstryde doen. Hy het die raad om wyd te dien ter harte geneem en Anderson kon die afslaan nie terugkry nie.

Kyrgios het agterna lof gehad vir Anderson.

“Kevin is nie ’n maklike teenstander nie, hy was al ’n finalis in Grand Slams en hy weet hoe om wedstryde te wen. Sy afslaan is een van die bestes ter wêreld, so ek het geweet vandag gaan ongelooflik moeilik wees,” sê Kyrgios.

Hy speel volgens atptour.com volgende teen die derde gekeurde Brit Cameron Norrie, vars van sy eerste titel in Los Cabos.

Lloyd Harris van Suid-Afrika is vroeër die week in Atlanta ook deur ’n Aussie (Jordan Thompson) uitgeskakel. Die telling was 7-6(2), 1-6, 6-2.

• Tennis Suid-Afrika (TSA) het aangekondig dat drie prestigeryke toernooie, waarin prysgeld en wêreldranglyspunte op die spel is, in September op belowende Suid-Afrikaanse spelers wag.

Prysgeld in elk van die toernooie sal $25 000 elk vir die mans en vroue se toernooie beloop.

TSA het die drie toernooie op die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se kalender Woensdag bevestig.

Die reeks begin op 13 September met die Jozi-Ope, wat by Markspark in Emmarentia gehou word.

Die volgende toernooi – die SA Spring-Ope, wat ook ’n rolstoeltoernooi insluit – begin op 20 September op Ellispark.

Die derde toernooi – Tukkies se internasionale toernooi – begin op 27 September by die bane van die Universiteit van Pretoria. – Sportredaksie


Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.