Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: McEnroe kap 'mal tannie’ Court
John McEnroe beskryf Margaret Court as Tennis Australië se “mal tannie”. Foto: Getty Images

John McEnroe, wenner van sewe Grand Slam-titels, het Margaret Court omtrent gekritiseer voordat Tennis Australiese (TA) haar Maandag vereer het.

Court (77) se 24 Grand Slam-enkelspeltitels is die meeste in vrouetennis en sy is vereer vir die 50ste herdenking van haar kalender-Grand Slam in 1970, maar ABCSport berig McEnroe het dit as ’n “nagmerrie”-situasie vir TA beskryf.

“Daar is net een ding langer as Margaret Court se lys van tennisprestasies en dit is haar lys van beledigings en homofobiese uitlatings,” sê hy in sy The Commissioner of Tennis-insetsel vir EuroSport.

“Tennis Australië sit met ’n dilemma: Hoe gemaak met sy mal tannie?”

Margaret Court hou Maandag voor die wedstryd tussen Nick Kyrgios en Rafael Nadal die Daphne Akhurst-trofee op die Rod Laver Arena omhoog. Foto: Getty Images

TA, ’n liggaam wat hom beywer vir gelykheid en selfs die “Glam Slam”, ’n LBGT (lesbiese, gay, biseksuele en transgender)-toernooi aanbied, hou egter vol dat hy Court se prestasies op die baan, en nie haar as individu vier nie.

Die legendariese Aussie-speler Rod Laver het Maandag voor die begin van die kragmeting tussen Nick Kyrgios en Rafael Nadal ’n replika van die Daphne Akhurst-trofee aan sy landgenoot Court oorhandig. Die organiseerders sou uiters verlig wees nadat toeskouers Court se teenwoordigheid met ’n beleefde, effe gedempte applous begroet het.

Court het die afgelope jare kritiek vir haar sterk teenkanting van selfdegeslag-huwelike ontlok.

Volgens McEnroe is dit onmoontlik om ’n onderskeid te tref tussen ’n persoon se prestasies en sy persoonlikheid.

“Jy kan nie ’n persoon van sy prestasies skei nie,” sê hy.

“Gebruik my as voorbeeld. As jy die feit erken dat ek sewe major-titels gewen het, raai wat? Dan moet jy die feit vier dat ek die grootste mond in die geskiedenis van tennis het.

“Serena (Williams), verower asseblief nog twee Grand Slams en verbeter Margaret Court se rekord sodat ons haar in die verlede kan los, waar sy hoort.”

Court was verlede maand weer in omstredenheid gedompel ná haar tirade teen transgender-atlete en haar beskrywing van die onderrig van LGBT-regte as “van die duiwel af”.

Court preek gereeld in haar Victory Life-kerk in Perth.

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  John Mcenroe  |  Margaret Court
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.