Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Man vra Roger Federer om te trou

MAN: “Trou met my Federer!” FEDERER: “Nou?” VROU: “Staan in die tou!”

MELBOURNE, AUSTRALIA - JANUARY 15: Roger Federer w
Roger Federer was een van die sterspelers in aksie by die Rally for Relief-byeenkoms. Foto: Getty Images

Die Switserse tennisster Roger Federer het vandeesweek in sy wedstryd teen die Aussie Nick Kyrgios ’n huweliksaanbod vanuit die pawiljoen ontvang.

Federer, Kyrgios, Rafael Nadal en Serena Williams was onder die groot name wat aan die Australiese Ope se Rally for Relief deelgeneem het.

Die aksie op die Rod Laver Arena in Melbourne was ten bate vir ’n fondsinsameling vir die slagoffers van die verwoestende veldbrande wat in Australië woed.

Tennis Australië se veldtog, Aces for Bushfire Relief, word deur onder meer Kyrgios ondersteun met verskeie spelers wat honderde dollars skenk vir elke kishou wat hulle vandeesmaand by toernooie in Australië moker.

– Sportredaksie 

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.