Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Manlief se reuse-reklameborde vir Serena

Serena Williams se man, Alexis Ohanian, het opgedok vir vier reusereklameborde om dié tennisster se terugkeer na mededingende toernooie volgende week in Kalifornië te vier.

Alexis Ohanian, Serena Williams se man, saam met die egpaar se dogtertjie, Alexis Olympia Ohanian jr. Foto: AP

USAToday.com berig Ohanian, wat die idee by die Oscar-benoemde rolprent Three Billboards Outside Ebbing, Missouri leen, het Williams verras met dié reuse-advertensies wat pronk op die hoofweg op pad na Indian Wells.

Die eerste drie reklameborde, wat ook beelde van die egpaar se babadogtertjie, Alexis Olympia Ohanian jr., bevat, spel die boodskap “Greatest Momma of All Time” uit.

Die vierde reklamebord lui: “Serena Williams – G.M.O.A.T. – Alexis Jr + Sr”.

Ohanian het op sosiale media bevestig hy het die reklameborde self ontwerp en daarvoor betaal.

“Drie is pas langs die I-10 by die ingang na Palm Springs opgerig,” sê hy.

“Ek wou haar terugverwelkom in tennis, en het hulle self ontwerp met die hulp van Jr.”

Williams was uitgeboul deur die gebaar. “(Ek) huil letterlik,” skryf sy onderaan Ohanian se inskrywing op Instagram.

“Dit is so kostelik. Ek is lief vir jou.”

Die 36-jarige Amerikaner het nog nie aan ’n toernooi in die WTA-reeks deelgeneem nie sedert sy die grootste deel van 2017 vanweë die geboorte van haar dogtertjie misgeloop het.

Williams, wenner van 23 Grand Slam-titels, het die VSA vroeër vandeesmaand in ’n dubbelspelwedstryd by die Fedbeker verteenwoordig en maak volgende week ’n volle terugkeer by die Indian Wells-toernooi.

– Sportredaksie

Meer oor:  Indian Wells  |  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta  |  Alexis Ohanian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.