Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Maria pryk met peperduur verloofring

Die voormalige Russiese tennisspeler Maria Sharapova se verloofring, met ’n knoets van ’n diamant, kos luidens berigte in die oorsese media meer as R6,1 miljoen.

Maria Sharapova en haar verloofde, Alexander Gilkes. Foto: Getty Images
Maria Sharapova in 2011 in aksie op Wimbledon. Foto: Getty Images

Dié voormalige nommereen-speler, wat met vyf Grand Slam-titels spog, het onlangs aan die Britse sakeman Alexander Gilkes verloof geraak.

Die Daily Mail berig dat die ring sowat $400 000 kos.

Die Londense ontwerper Jessica McCormack het die ring van vyf karaat witgoud en blousilwer ontwerp.

Sharapova (33) wat in Februarie verlede jaar uitgetree het, het die ring op Instagram gewys.

Haar toekomstige man is die welgestelde mede-stigter en voormalige president van die aanlyn veilingshuis Paddle 8.

Sharapova is een van net tien vroue wat al elke Grand Slam-toernooi gewen het. Sy het in haar enigste Olimpiese Spele in 2012 die silwermedalje in die enkelspel gewen.

Volgens tennisworldusa.org was Sharapova 11 jaar agtereenvolgens – van 2004 tot 2015 – die hoogs betaalde sportvrou ter wêreld. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Verloof  |  Maria Sharapova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.