Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: McEnroe se broer toets positief
Patrick McEnroe (links) saam met sy ouer broer, John. Foto: Getty Images

Die Davisbeker-wenner en voormalige Amerikaanse kaptein Patrick McEnroe het bekendgemaak hy het positief getoets vir die Covid-19-virus, maar sê hy voel gesond en toon nie meer simptome nie.

Die 53-jarige jonger broer van die Grand Slam-kampioen John McEnroe sê in ’n video wat hy op Twitter gedeel het dat hy getoets is by ’n mobiele-eenheid in Westchester County, ’n voorstad in New York waar ’n groot uitbraak plaasgevind het.

“Ek het so tien of 11 dae gelede ligte simptome ervaar. My toets was positief. Ek het die resultate vanoggend ontvang,” sê McEnroe.

“Dit is die slegte nuus. Die goeie nuus is dat ek piekfyn voel. My simptome het gewyk en ek voel werklik 100%.”

McEnroe, wat die video in die kelder van sy huis opgeneem het, sê hy en sy gesin is reeds langer as twee weke in self-afsondering en hy raai ander aan om as ’n veiligheidsmaatreël dieselfde te doen.

“Kom ons troef hierdie ding. Ek is ’n voorbeeld van iemand wat in staat was om dit af te weer en dit gaan absoluut goed met my.”

McEnroe het sy enigste ATP-enkelspeltitel in 1995 in Sydney, Australië, verower. Hy het in 1989 ’n Grand Slam-dubbelspeltitel saam met sy landgenoot Jim Grabb by die Franse Ope gewen.

McEnroe was kaptein van die VSA se Davisbekerspan in 2007 toe die Amerikaners met 4-1 met Rusland in die eindstryd in Portland, Oregon afgereken het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19  |  John Mcenroe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.