Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Speler beboet ná hy baan verlaat
Damir Dzumhur het in die middel van ’n wedstryd in Acapulco besluit om nie verder te speel nie. Foto: Getty Images

Damir Dzumhur is beboet en word ondersoek nadat hy in ’n woedebui van die baan gestap het weens ’n lynregter-beslissing in ’n kragmeting in Mexiko.

Die voorval het Sondag in die Bosniër se tweede kwalifiseringswedstryd in die ATP 500-toernooi in Acapulco gebeur.

Dzumhur, wat in 2018 die 23ste plek gehaal het op die wêreldranglys, het afgeslaan met die telling op 5-5, 40-40 in die eerste stel teen Botic van de Zandschulp toe die lynregter beslis het ’n voorarmhou van sy Nederlandse teenstander het in spel gewip.

Dzumhur het die skeidsregter genader en gevra dat die beslissing omgekeer word, maar was woedend toe sy versoek geweier is. Hy het uiteindelik die pot verloor om met 5-6 agter te loop.

Die ontstoke Dzumhur het aangehou om beswaar te maak toe die spelers ’n blaaskans tussen potte gekry het en is met ’n gedragskode-oortreding gestraf.

Hy het met sy terugkeer na die baan vir die volgende pot weer iets vir die skeidsregter gesê en is met ’n punt gestraf.

Dzumhur, tans 125ste op die wêreldranglys, het daarna van die baan af gestap, sy raket op sy sak neergegooi, Van de Zandschulp genader en aangedui dat hy besluit het om nie met die kragmeting voort te gaan nie.

Dzumhur was in gesprek met ’n toernooi-beampte terwyl Van de Zandschulp besig was om die baan te verlaat en die Bosniër het voortgegaan om sy misnoeë met die skeidsregter te kenne te gee.

“Damir Dzumhur is tydens die wedstryd met twee gedragskode-oortredings vir onsportiewe gedrag gestraf en sy versuim om die kragmeting te voltooi, beteken hy is gediskwalifiseer,” sê die ATP in ’n verklaring.

“Dzumhur is met $6 500 (sowat R97 000) beboet en verbeur ook sy prysgeld van $5 280 (R78 700) wat hy sou verdien deur in die tweede ronde te verskyn.

“Die ATP sal die saak en die speler se optrede verder ondersoek.” – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.