Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Serena klop suster Venus in riller
Serena en Venus Williams groet mekaar ná afloop van dié susters se wedstryd in die Top Seed-ope. Foto: Getty Images

Serena Williams het Donderdag wéér geskrik voordat sy haar ouer suster Venus met 3-6, 6-3, 6-4 geklop het om die kwarteindronde van die Top Seed-ope in Lexington, Kentucky te haal.

Serena, wat in haar vorige kragmeting teen Bernarda Pera, 60ste op die wêreldranglys, vyf punte weg was van ’n nederlaag, moes vir die tweede opeenvolgende wedstryd ’n agterstand van ’n stel – asook ’n telling van 2-4 in die beslissende stel – uitwis om ’n rillerstryd te wen.

Sy het met dié oorwinning haar wenrekord teen Venus tot 19-12 verbeter.

“Dit was ’n wedstryd van hoë gehalte,” sê Serena.

“Daar was ’n klomp lang punte waar ek die baan vol rondgejaag is en op ’n kol slegs groot afslane, so ek het gedink dit was regtig interessant omdat ons albei later regtig goed afgeslaan en goeie terughoue gespeel het.”

Die laaste keer wat Venus haar suster kon klop was in 2018 by Indian Wells.

Serena se volgende teenstander is die wenner van die kragmeting tussen die Kanadese kwalifiseerder Leylah Fernandez en die Amerikaner Shelby Rogers.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta  |  Venus Williams  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.