Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Serena verstom met vaardighede
Sou jy ’n punt teen Serena Williams kon wen? Foto: Getty Images

Een uit agt mans glo hulle sal ’n punt teen die tennisster Serena Williams kan wen.

’n Onlangse peiling deur YouGov UK het bevind 12% van respondente is oortuig hulle sal suksesvol wees teen die wenner van 23 Grand Slam-titels. Dít is alledaagse mans, waarvan die meeste oor min of geen tennisvaardighede beskik nie.

Die uitslag van die peiling het mense op sosiale media aan die gons gehad en ’n video het die naweek weer die lig gesien waar Williams haar deugde met ’n raket vertoon.

Die Amerikaner slaan balle teen vyf lede van Dude Perfect, ’n groep met ’n groot gevolg oor die wêreld heen wat truuk-houe uitvoer en verfilm.

Behalwe vir Williams (37) se sewe Australiese Ope-, drie Franse Ope-, sewe Wimbledon- en ses Amerikaanse Ope-enkelspeltitels, spog sy ook met 14 Grand Slam-dubbelspeltitels en meer as $90 miljoen prysgeld.

– Sportredaksie

Meer oor:  Dude Perfect  |  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.