Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Seyboth Wild doen Rafa na in Chili

Die Brasiliaanse tiener Thiago Seyboth Wild het Sondag die jongste speler sedert Rafael Nadal in 2005 geword wat ’n Suid-Amerikaanse Golden Swing-titel verower het.

Die 19-jarige promotorskeuse het die tweede gekeurde Noorweër Casper Ruud in die eindstryd van die Chili-ope met 7-5, 4-6, 6-3 geklop.

Nadal was destyds 18 jaar oud toe hy in Acapulco geseëvier het.

Seyboth Wild het op pad na sy eerste ATP-titel 17 kishoue gemoker en is nou ook die eerste Brasiliaan wat ’n ATP-titel gewen het.

Ruud (21), wat Noorweë se eerste ATP-kampioen geword het toe hy twee weke gelede die titel in Buenos Aires gewen het, was vol lof vir sy teenstander.

“Hy het die hele week lank ongelooflike tennis gespeel. Ek kan nie te teleurgesteld oor my nederlaag wees nie.

“Hy het bewys dat hy sy promotorsuitnodiging verdien het en die geleentheid aangegryp. Hoewel ek self nie baie ervare is nie, kan ek sien dat hy nog baie jare gaan meeding.”

Seyboth Wild het danksy die oorwinning 69 plekke op die wêreldranglys opgeskuif en is nou op nr. 113.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Atp  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.