Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Snuiter wys Ope die middelvinger
Tennis se grootste snuiter, Yulia Putintseva van Kazakstan. Foto: Getty Images

Yulia Putintseva van Kazakstan het Bernard Tomic as die grootste snuiter op die Australiese Ope vervang toe sy ’n reeds opgewerkte Melbourne Park-skare met die middelvinger-saluut gegroet het.

Die 24-jarige Putintseva het Woensdagaand ’n wipplank-wedstryd teen die Switser Belinda Bencic met 7-5, 4-6, 6-2 verloor en die Herald Sun berig sy het haar frustrasie op die toeskouers uitgehaal.

Sy het boonop byna nie die skeidsregter se blad geskud ná haar nederlaag nie en ’n tree verby die beampte se stoel geloop voordat sy haar hand uitgesteek het.

Haar titel as die grootste snuiter in tennis is nou vasgemessel nadat sy die tonge drie dae gelede los gehad het in ’n bisarre voorval met haar bitter teenstander Barbora Strycova.

Putintseva, 39ste op die wêreldranglys, het die kragmeting met 6-4, 7-6(7-1) gewen, maar dit was haar optrede by die net ná die stryd wat die oë laat rek het.

Die duo se gebruiklike bladskud het nie volgens plan verloop nie. Dit was om eerlik te wees bra onsportief, soos in die onderstaande video gesien kan word.

Strycova het Putintseva daarvan beskuldig dat sy wou wys wie is baas, al het sy reeds op die telbord koning gekraai.

“Ek druk die hand normaal, maar sy druk die hand baie hard! Hierdie beentjies, eina!” het Strycova daarna gesê.

“Ek het gevra: ‘Hoekom het jy dit gedoen?’ Toe sê sy: ‘Jy het my hand gedruk.’

“Ek sê toe: ‘Ek het jou hand normaal gedruk! Los dit net.’

“Ek het nie regtig omgegee nie. Dit is nie ’n groot kwessie nie. Maar hoekom?”

Dié kwessie is maar net een in ’n lang rits bladskud-dramas tussen die duo en hul teenstanders in die WTA-reeks.

Strycova het Elina Svitolina in Tokio in 2014 ’n les geleer in hoe om ordentlik blad te skud.

Putintseva het op haar beurt in 2017 Magda Linette nie eens in die oë gekyk toe die Pool haar op die Volvo-ope in Charleston geklop het nie.

Dan was daar ook die voorval op die Citi-ope in Washington in 2016 toe Putintseva in haar kragmeting teen Varvara Flink so baie gekla het, dat die skeidsregter geweier het om haar blad te skud!

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Bernard Tomic  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.