Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Speler sê jammer ná tirade, vloekery
Vasek Pospisil het verskoning gevra nadat hy in ’n wedstryd in die Miami-ope ’n vloermoer gegooi het. Foto: Getty Images

Vasek Pospisil van Kanada het verskoning gevra vir sy gedrag op die baan en die vloekery wat gemik was op die grootbaas van die ATP-reeks, Andrea Gaudenzi.

Die voorval het Woensdag in sy nederlaag in die eerste ronde in die Miami-ope teen die Amerikaanse speler Mackenzie McDonald gebeur.

Hy het in sy woedebui onder meer ’n bal tussen die toeskouers ingeslaan en op die skeidsregter geskree. Pospisil, 67ste op die wêreldranglys, het ook laat in die eerste stel in sy nederlaag van 3-6, 6-4, 3-6 die baan met sy raket geslaan.

Hy is vir sy uitbarsting met ’n punt gestraf, wat hom die eerste stel gekos het. Die Kanadees het Gaudenzi daarna in sy tirade gevloek. Pospisil beweer Gaudenzi het Dinsdag op ’n vergadering op hom “geskree” omdat hy “die spelers probeer verenig.

“ ’n Uur en ’n half lank. Die leier van die ATP-reeks. Roep hom dat hy na die baan kom. Hoekom ondersteun ek dit?” het hy aan die skeidsregter, Arnaud Gabas, gesê en gedreig om die beheerliggaam te dagvaar indien hy gediskwalifiseer word.

Pospisil se verhouding met die ATP het versuur sedert hy verlede jaar die afsonderlike liggaam Vereniging vir Beroepstennisspelers (PTPA) saam met die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, gestig het.

Volgens hulle sou die PTPA, wat begroet is met teenstand van die beheerliggaam vir tennis, hom daarop toespits om beter na die belange van die spelers om te sien.

Volgens Pospisil het sy vergadering met die ATP hom ontsenu.

“Ek vra onvoorwaardelik verskoning vir my gedrag op die baan in Miami vandag (Woensdag),” het Pospisil, wat ná die kragmeting geweier het om met die media te praat, op Twitter gesê.

“Ek was oneerbiedig teenoor die sport wat ek liefhet en daaroor is ek werklik jammer.

“Ter verduideliking, ek was erg ontsenu ná ’n vergadering tussen die spelers en die ATP gisteraand. Ek het die tol onderskat wat dit op my geëis het totdat ek vandag op die baan gestap het.

“Weer eens, ek is jammer vir my gedrag op die baan en die taal wat ek gebruik het.” – Reuters


Meer oor:  Tennis  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.