Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennisspeler skop kabaal op, spoeg op baan

Die Franse tennisspeler Benoît Paire is met ’n punt beboet nadat hy tydens die Argentynse Ope op die baan gespoeg het.

Francisco Cerundolo van Argentinië het Paire (31), derde gekeur vir die toernooi, Donderdag in die tweede ronde  met 4-6, 6-3, 6-1 verslaan.

Benoît Paire het ’n kabaal opgeskop en op die baan gespoeg toe dinge nie volgens sy sin verloop het nie. Foto: Getty Images

Paire het sy humeur verloor oor ’n beslissing in die tweede stel toe hy met 0-2 agter was. ’n Afslaan van Cerundolo is as ’n kishou beskou, terwyl die Fransman met die beslissing verskil het.

Paire het in ’n hewige woordewisseling met die skeidsregter betrokke geraak en gedurende sy argument met die beampte gewys na ’n kol op die kleibaan.

Tog kon die Fransman nie daarin slaag om die skeidsregter te oortuig om sy beslissing te verander nie. So omgekrap was Paire dat hy gespoeg het op die kol op die baan en hom boonop skuldig gemaak het aan onwelvoeglike taal.

Dit het veroorsaak dat Paire, 29ste op die wêreldranglys, gewaarsku is omdat hy die gedragskode oortree het.

Toe die Fransman later in die stel weer op die baan spoeg en weer met ’n beampte stry kry, is hy met ’n punt beboet.

In die derde stel, met die telling 5-1 in Cerundolo se guns, het die Fransman skynbaar twee opsetlike dubbelfoute gemaak om die wedstryd te verloor.

Paire is bekend vir sy kort lont, wat hom al ’n paar keer in sy loopbaan ongewild gemaak het.

Hy is byvoorbeeld in 2016 deur die Franse afvaardiging uit die Olimpiese Spele geskop omdat hy te min tyd in die atlete se dorp deurgebring het. – Reuters


Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.