Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Tennisster slaan kishou teen kanker

Die voormalige Franse Ope-kampioen Francesca Schiavone (39) het haar stryd teen kanker gewen.

Francesca Schiavone, wat haar enigste Grand Slam-titel op klei behaal het. Foto: Getty Images

Die Italianer sê in ’n video op sosiale media dat kanker in Junie by haar gediagnoseer is en dat sy chemoterapie ontvang het.

“Kom ek vertel jou wat gebeur het in die afgelope sewe maande: Hulle het ’n kwaadaardige gewas gekry,” sê sy.

“Dit is die taaiste geveg waarin ek ooit betrokke was. Die beste aspek is dat ek hierdie stryd gewen het.

“Toe hulle my ’n paar dae gelede inlig, kon ek nie my vreugde beteuel nie. Ek lewe vandag steeds met vreugde.”

Sy het nie bekend gemaak watter soort kanker sy gehad het nie.

Schiavone het die Franse Ope-titel in 2010 gewen en die volgende jaar die eindstryd by Roland Garros gehaal. Sy het in Januarie 2011 die vierde plek op die wêreldranglys beklee.

Schiavone het in 2018 uitgetree en het Caroline Wozniacki, die voormalige nommer-een in die wêreld, vir ’n wyle afgerig.

Tennis.com, Sportredaksie

Meer oor:  Francesca Schiavone  |  Tennis  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.