Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Tiener gee Novak streepsuiker

Die Wimbledon-kampioen Novak Djokovic het op dieselfde aand in die Rogersbeker-tennistoernooi in Toronto, Kanada verloor én gewen.

Die leeutemmer Stefanos Tsitsipas kyk in ongeloof toe nadat hy in die Rogersbeker-toernooi in Toronto met Novak Djokovic afgereken het. Foto: AP

Djokovic het Donderdagaand eers op verrassende wyse in die enkelspel sy rieme teen die 19-jarige Griek Stefanos Tsitsipas styfgeloop, voordat hy ’n ruk later darem ’n troosprys met sy sege in die dubbelspel saam met Suid-Afrika se Kevin Anderson gekry het.

In die derde ronde van die enkelspel het die jong Griek vir homself ’n vroeë verjaardaggeskenk (hy word Sondag 20) gegee met die grootste sege in sy loopbaan.

Hy het Djokovic, wat verlede maand op Wimbledon koning gekraai het en tans die wêreld se nr.10-speler is, met 6-3, 6-7(5), 6-3 verslaan.

Tsitsipas het sy sege as “die beste oomblik in my lewe” beskryf en gesê enige kind droom daarvan om spelers van Djokovic se kaliber te klop.

Tsitsipas was in sy onderhoud ná dié wedstryd duidelik geskok en het erken dat hy nie verwag het om so gou in sy loopbaan met só ’n goeie speler af te reken nie.

Djokovic moes egter vinnig dié nederlaag verwerk, want hy het ’n afspraak met Anderson, die speler wat hy in die Wimbledon-eindstryd verslaan het, gehad om in die tweede ronde van die dubbelspel teen die derde gekeurde Franse paar, Nicolas Mahut en Pierre-Hugues Herbert, te speel.

Die Franse het die eerste stel met 6-4 gewen, waarna die twee enkelspel-spesialiste teruggeveg en die tweede met 6-4 gewen het. Anderson-hulle het toe in die beslissende super-valbylpot (die eerste span om 10 punte te wen, wen die stel én wedstryd) met 10-7 die knoop deurgehak en tot die kwarteindronde deurgedring.

Anderson het soortgelyke sukses in die enkelspel bereik en ook die kwarteindronde daarin gehaal, deur die ongekeurde Ilya Ivashka van Belarus met 7-5, 6-3 te verslaan.

Die lang Suid-Afrikaner, vierde gekeur in Torono, het 15 kishoue ingeryg en sal nou in die kwarteind teen Grigor Dimitrov van Bulgarye te staan kom. Dimitrov, vyfde gekeur, het ’n taai derderonde-stryd teen die Amerikaner Frances Tiafoe met 7-6, 3-6, 7-6 gewen.

– Sportredaksie; Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Stefanos Tsitsipas  |  Tennis  |  Atp  |  Rogersbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.