Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Tomic klop Kyrgios met bisarre afslaan
Bernard Tomic het Nick Kyrgios met ’n bisarre afslaan uitgevang. Foto: Getty Images

Bernard Tomic het Woensdag ’n stryd tussen twee van tennis se berugte snuiters gewen toe hy sy Australiese landgenoot Nick Kyrgios op die Kooyong Classic-vertoontoernooi geklop het.

Dit was die eerste kragmeting tussen die omstrede duo, met albei wat voorberei vir aanstaande week se Australiese Ope.

Nick Kyrgios lyk effe verroes voordat die Australiese Ope op 14 Januarie begin. Foto: Getty Images

ABCSport berig Tomic het Kyrgios, bo hom op die wêreldranglys, oorheers om met 6-3, 6-4 te seëvier en sy oorwinning verseker met ’n onverhoedse hou deur die bal op wedstrydpunt onderdeur sy bene af te slaan.

Tomic het, terwyl hy ’n bal voor hom op en af laat hop het ter voorbereiding van ’n normale afslaan, ’n ander bal skielik tussendeur sy bene geslaan wat aan die ander kant van die net te lande gekom het. Kyrgios het verbaas gestaan, gelag en sy kop geskud toe hy besef wat gebeur het.

Tomic het meerendeels ’n foutlose vertoning gelewer, terwyl Kyrgios lyk of hy wedstrydskerpheid skort.

Kyrgios, nr. 51 in die wêreld, sê hy is bly om te sien dat Tomic sy beste spelpeil herwin het. Tomic het verlede jaar se Grand Slam-toernooi in Melbourne misgeloop weens sy swak ranglysplek.

“Ek dink nie daar was al ooit ’n speler soos BT nie,” sê Kyrgios.

“Dit is goed om hom weer in aksie te sien, want ek weet hy het moeilike tye beleef.

“Hy het verlede jaar ’n titel gewen en dit wil voorkom of momentum aan sy kant is, wat ’n goeie ding is.”

Daar was groot opgewondenheid oor Tomic en Kyrgios se langverwagte tweestryd, maar die Australiese Olimpiese hokkiespeler Georgie Parker was onder diegene wat minder beïndruk was. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Bernard Tomic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.