Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Vloekende Kyrgios kap toeskouers

Nick Kyrgios het die toeskouers by die Mexikaanse Ope van “oneerbiedigheid” beskuldig nadat hy uitgejou is toe hy in sy eersterondewedstryd teen Ugo Humbert handdoek ingooi.

Daar gaan hy al weer . . . Die omstrede Nick Kyrgios is weer om die verkeerde redes in die nuus. Foto: Getty Images

ABCSport berig die omstrede 24-jarige Aussie was slegs 32 minute op die baan toe hy die aftog blaas weens ’n polsgewrigbesering nadat hy die eerste stel verloor het.

Dit was sy eerste verskyning sedert hy weens polsgewrig- en skouerbeserings aan verlede maand se Australiese Ope onttrek het.

’n Woedende Kyrgios, met ’n yspak op sy gewrig, het hom ná die wedstryd by ’n mediakonferensie oor die toeskouers uitgelaat.

“Ek gee nie ’n *** om nie. Ek gee letterlik nie ’n *** om nie. Ek is nie gesond nie, ek het hierheen gekom en probeer speel,” het hy gesê.

“Ek het bemarking vir die toernooi gedoen, so probeer uithelp. Ek het die aanhangers ’n bietjie tennis probeer gee, maar hulle was oneerbiedig, so eerlikwaar, ek gee nie ’n *** om nie.”

Kyrgios, die verdedigende kampioen in Acapulco, was met 4-1 agter toe hy mediese behandeling vra. Hy het vasgebyt en sy afslaan twee keer behou, maar toe die Fransman Humbert die stel beklink, het Kyrgios aangedui hy is nie in staat om voort te gaan nie.

Die toeskouers het hom begin uitjou toe hulle besef hy gooi handdoek in.

Kyrgios was buite aksie sedert sy nederlaag in die vierde ronde teen Rafael Nadal in Melbourne, waar hy geprys is vir sy verbeterde gedrag op die baan, asook sy reaksie op die verwoestende veldbrande Doer Onder.

Hy het gesê hy het “vooruitgang gemaak as mens” nadat hy in September ’n opgeskorte skorsing ontvang het vir “aggressiewe gedrag” op die baan.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.