Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Woedende Pliskova breek stoel
Karolina Pliskova kon nie Woensdag in Rome haar emosies in toom hou nie. Foto: Getty Images

Die Tsjeg Karolina Pliskova het Woensdag uit frustrasie ’n skeidsregterstoel met haar raket gemoker nadat sy in die tweede ronde van die Italiaanse Ope deur die Griek Maria Sakkari geklop is.

BBCSport berig die sesde gekeurde Pliskova het afgeslaan met die telling op 6-3, 3-6, 5-5 (30/30) toe ’n lynregter beslis sy het die bal uitgeslaan, met die skeidsregter wat aangedui het dat hy nie die bal se merkie kan vind nie.

Die kykweer het egter gewys dat die bal binne spel geland het, maar die skeidsregter, Marta Mrozinska, het geweier om Pliskova se argument om die beslissing te wysig te aanvaar.

Die voormalige wêreldnommereen het uiteindelik die kragmeting in 2 uur 21 minute met 3-6, 6-3, 7-5 verloor.

Ná afloop van haar nederlaag het Pliskova nie Mrozinska se hand geskud nie, maar haar raket verskeie kere teen die beampte se stoel gemoker en in die proses die houtwerk beskadig.

Pliskova se tweelingsuster, Kristyna, ook ’n beroepstennisspeler, het op Twitter uitgevaar.

“Dis die swakste wat ek nóg gesien het @WTA en ek hoop hierdie dame Marta Mrozinska sal nooit ooit weer enige wedstryd van my of Karolina beslis nie #blacklistforever,” sê sy.

Vir Sakkari is dit die grootste oorwinning in haar loopbaan. Sy kom volgende teen die Duitser Angelique Kerber (11de) vir ’n plek in die kwarteindronde te staan.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Karolina Pliskova  |  Wta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.