Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nick ‘beledig’ oor Tomic-vergelykings

Die omstrede tennisster Nick Kyrgios sê hy het “nog nooit voorheen so beledig gevoel nie” nadat hy glo met sy Aussie-landgenoot Bernard Tomic vergelyk is.

Is Bernard Tomic (links) en Nick Kyrgios voëls van eenderse vere? Dit is ’n 'walglike' gedagte, sê Kyrgios. Foto: Getty Images

Kyrgios, 56ste op die wêreldranglys, is berug vir sy reputasie as een van die sport se stoutseuns en is gereeld in die nuus weens sy gewaagde uitlatings en swak gedrag op die baan.

Die 26-jarige Kyrgios het egter onlangs ’n paar goeie morele standpunte ingeneem: Sy NK-stigting is ’n liefdadigheid wat hom beywer om sportfasiliteite aan minderbevoorregte kinders in Melbourne te verskaf, terwyl hy ook ’n hoofrol gespeel het om geld in te samel vir diegene wat deur die verwoestende bosbrande in Australië in 2020 geraak is.

Die 28-jarige Tomic het in teenstelling feitlik van die tennisradar af verdwyn en is tans 207de op die ranglys. Hy is meer in die nuus oor sy verhouding met die Australiese Love Island-deelnemer Vanessa Sierra as enigiets anders.

Lees ook: Tomic se meisie ‘met dood gedreig’ 

Dit is nie duidelik wie die twee spelers met mekaar vergelyk het nie, maar Kyrgios het op Instagram teen die persoon uitgevaar.

“Ek is vandag met Bernard Tomic vergelyk en ek het nog nooit voorheen so beledig gevoel nie,” sê hy.

“Het hy ’n stigting wat liefdadigheidswerk doen? Spog hy met enige prestasies? Het hy geld vir die (slagoffers van die) bosbrande ingesamel? Dit is walglik, man.

“Doen jou navorsing. Ek is ook nie in ’n verhouding met enigiemand met hul eie OnlyFans-rekening nie (Sierra). O, en met prestasies bedoel ek my oorwinnings teen die Groot 4 (Roger Federer, Rafael Nadal, Novak Djokovic en Andy Murray).” – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Vanessa Sierra  |  Nick Kyrgios  |  Bernard Tomic  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.