Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Weeklikse bedballet met aanhangers
Die Australiese tennisspeler Nick Kyrgios het ’n sagte plekkie vir sy vroulike aanhangers. Foto: Getty Images

Die omstrede tennisster Nick Kyrgios tob nie oor die einde van sy verhouding met die Russiese tennisspeler Anna Kalinskaya nie.

FoxSports berig die uitgesproke Aussie erken hy verkeer gereeld intiem met aanhangers wanneer hy enkellopend is.

“Ja,” was die 25-jarige Kyrgios se antwoord op die Twitch-gebruiker babztv1 se vraag of hy al ooit saam met ’n aanhanger geslaap het.

Anna Kalinskaya was tot onlangs in ’n verhouding met Nick Kyrgios. Foto: Getty Images

“Om eerlik te wees, as ek nie met iemand uitgaan nie, gebeur dit weekliks.”

Kyrgios, wat in September met die 21-jarige Kalinskaya begin uitgaan het, sê ’n toeskouer het op ’n geleentheid sy oog gevang in ’n wedstryd teen Roger Federer.

“Ek was besig om teen Fedz te speel en ek was soos, ‘Jitte’. Ek wou haar uitneem vir ’n drankie,” sê hy.

Kyrgios en Kalinskaya se verhouding is in Mei beëindig. Kalinskaya, 95ste op die wêreldranglys, het die kwessie op Instagram bespreek en erken hulle is glad nie vriendelik met mekaar nie.

“Ons is uitmekaar. Ons is nie vriende nie. Ek verstaan julle is sy vriende en dit is piekfyn maar ek gaan nie oor hom praat nie.”

Kyrgios was voorheen in ’n verhouding met sy landgenoot, die tennisspeler Anya Tomljanovic, voordat hulle in 2017 uitmekaar is. Hy is ook verlede jaar in Augustus afgeneem saam met die Kanadese speler Genie Bouchard se tweelingsuster, Beatrice.

Eugenie Bouchard en haar suster, Beatrice. Foto: Getty Images

Kalinskaya het in September 2019 haar beste posisie op die wêreldranglys, 72ste, behaal nadat sy haar eersteronde-wedstryd in die Amerikaanse Ope gewen het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Anna Kalinskaya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.