Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios geniet ’n paar ‘skuimkoppe’
Nick Kyrgios berei voor vir die toernooi om ATP-beker. Foto: Getty Images

’n Splinternuwe jaar, maar skynbaar dieselfde ou Nick Kyrgios.

Die omstrede Aussie-tennisspeler sê hy het tot dusver in 2020 sy fiksheid behou en in die aanloop tot die toernooi om die ATP-beker ’n paar “skuimkoppe” geniet.

news.co.au berig Kyrgios (24) is in ligte luim voor Australië sy veldtog in Groep F teen Duitsland, Griekeland en Kanada in Brisbane begin. Kyrgios, 30ste op die wêreldranglys, is glo min gepla oor beserings en die opgeskorte skorsing wat vanjaar oor sy kop hang.

“Ek het tot dusver vanjaar nog geen beserings opgedoen nie,” spot Kyrgios, wie se knaende sleutelbeenbesering voorkom het dat hy in November in sy land se Davisbeker-kwarteindstryd teen Kanada meeding.

“Ek het een oefensessie agter die rug, my liggaam het goed gehou.”

Kyrgios het die wenkbroue laat lig toe hy verlede jaar die aand voor sy Wimbledon-kragmeting teen Rafael Nadal om 23:30 nog met ’n drankie in die hand gesien is. Hy is egter nie skaam daaroor om oor sy Nuwejaarsvierings te gesels nie.

“Ek het ’n paar skuimkoppe op Oujaarsaand geniet, ek voel goed,” sê hy.

Kyrgios se gedrag op die baan in Brisbane sal fyn dopgehou word. Hy begin die 2020-seisoen met ’n opgeskorte skorsing van 16 weke en ’n boete wat die ATP hom verlede jaar opgelê het.

Hy trek sy skouers op. “Dit is ’n nuwe jaar, ek voel goed en uitgerus.”

Kyrgios en Alex de Minaur, 18de op die wêreldranglys, verteenwoordig Australië in die toernooi wat van Vrydag af tussen 24 spanne beslis sal word.

Kyrgios (regs) en sy spanmaat Alex de Minaur. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Atp-Beker  |  Atp  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.