Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios kap behandeling van tiener

Nick Kyrgios het joernaliste Woensdag gemaan om meer simpatie te betoon nadat die Amerikaanse tiener Amanda Anisimova in trane uitgebars het toe sy gevra is oor die dood van haar pa.

’n Emosionele Amanda Anisimova ná haar nederlaag in die eerste ronde van die Australiese Ope. Foto: AP

Anisimova (18) se pa en afrigter, Konstantin, is skielik dood in die aanloop tot verlede jaar se Amerikaanse Ope. Die Australiese Ope is haar eerste Grand Slam-toernooi sedert die tragedie.

Stuff berig Anisimova is ná haar nederlaag teen Zarina Diyas in die eerste ronde gevra hoe sy haar loopbaan bestuur sonder haar pa.

“Moet ons regtig so vinnig ná ’n wedstryd hieroor praat?” het sy op ’n mediakonferensie geantwoord voordat sy in trane uitgebars het.

Die Aussie Kyrgios, glo Anisimova se spanmaat in die gemengde-dubbelspel in Melbourne, het die vraag veroordeel.

“Dit maak my so hartseer. Julle moet meer simpatie betoon, dit is onregverdig. Hou jou kop omhoog, Amanda,” sê hy op Twitter.

Ander gebruikers op sosiale media het die joernalis ook gekritiseer.

Anisimova tel onder ’n generasie tienermeisies wat hul stempel in die tenniswêreld begin afdruk.

Sy het verlede jaar die halfeindronde van die Franse Ope gehaal en op pad met die verdedigende kampioen Simona Halep afgereken.

Anisimova het in 2019 die vierde ronde op Melbourne Park gehaal en later die seisoen haar eerste WTA-titel in Bogota gewen.

Sy het die jaar in die 24ste plek op die wêreldranglys afgesluit.

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Amanda Anisimova  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.