Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios vra: ‘Het jy klippe in jou kop?’
Nick Kyrgios verloor sy humeur in ’n wedstryd teen Borna Coric in Miami in 2019. Foto: Getty Images

Nick Kyrgios het uitgevaar teenoor Borna Coric nadat die Kroaat gesê het hy steur hom nie aan die Aussie se kritiek teenoor Novak Djokovic se gewaagde Adria-vertoonreeks nie, waar verskeie spelers positief vir die koronavirus getoets is.

Djokovic, Coric, Grigor Dimitrov en Viktor Troicki is almal met die virus besmet tydens die toernooi in Serwië en Kroasië, wat later afgelas is.

“Ek het gelees wat hy geskryf het, maar ek gee eenvoudig nie om nie want hy hou daarvan om ’n generaal te wees ná afloop van ’n veldslag,” sê Coric.

“As iemand anders lesse uitgedeel het sou ek verstaan het, maar Kyrgios... dit is op die een of ander manier onrealisties.”

Kyrgios het ook Alexander Zverev gekritiseer nadat ’n video gewys dat die Duitser in ’n stampvol nagklub dans, al het hy belowe om in selfisolasie te gaan ná sy deelname aan die Adria-reeks.

Nick Kyrgios en Borna Coric skud blad ná afloop van hul kragmeting in Miami in 2019. Foto: Getty Images

“Ek stem saam dit was ’n fout, Zverev het verkeerd opgetree,” sê Coric.

“Maar ek sien nie die nut daarin om medespelers op so ’n wyse te kritiseer nie. Ek sou dit nie doen nie, maar weer eens – dis Kyrgios.”

Kyrgios het teruggekap en meen Coric “moet beslis omgee” oor sy kommentaar.

“Het jy klippe in jou kop?” sê Kyrgios op Twitter.

“Ek sê weer, jy kan in die bres tree vir jou vriende, ek probeer hulle maar net aanspreeklik hou. Hulle is tennisspelers, hulle is nie spesiaal nie.”

– Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Adria-Reeks  |  Borna Coric  |  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.